Thursday, June 7, 2012

"Mami, sal nou moet begin blog se my dogter/bestuurder/PA/vertaler. Ek sug...'sms,bbm,epos,facebook,twitter en nou blog'..Hoe kry ek tyd om al die
sosiale netwerke "in stand" te hou?
Nouja ek luister as sy praat want iewers langs die pad het my kinders slimmer as ek
geword....
Eks net 'n ma 5 kinders en twee kleinkinders, waarvan ek een groot maak. Hulle is die
lig van my lewe en dit is baie hartseer dat ek die jongste enetjie [Chase} wat in Jeffreys
woon nie so baie sien soos wat ek graag wou nie.
Om jou kleinkind groot te maak beroof mens eintlik van die lekkerte om net 'n ouma te
wees, en al die lekker goed te doen wat oumas doen. Nou is jy weer net 'n ouer wat moet
opvoed en dissipline toepas. Wat nogal 'n probleem is as altwee seuntjies saam is. Ek noem
die enetjie wat ek groot maak sommer kleinman.
Altwee speel rugby. Chase is op die stadium die sportman in die familie.  Kleinman weet nog
nie so lekker wat om met die bal te doen as hy dit kry nie. Chasie speel sy hart uit en het
ook al 'n paar driee gedruk om mee te kan spog.
Verlede saterdag het ons skool die rugbydag aangebied en daar was tot pom-pom girls
met kort rokkies die lot. Die seuntjies het te oulik gespeel en al hulle wedstryde gewen.
Na die rugby sit ek by die rekenaar toe ek kleinman hoor sing. Ek staan op en gaan loer.
Met die verstoffer in die hand sing hy lustig en dans ewe vernuftig al die passies van
die pom-pom girls. Tot waar hy wysbeen op die vloer eindig..'n perfekte "Split"
Ek het dit tot nou toe nie vir niemand vertel nie...so liewe vriende hou dit maar tussen ons.erilene.lamprecht.com



1 comment:

  1. Haha ah dis so lekker om sulke goedjies te hoor. Dis al wat mens op die ou einde oor het neh..memories. Dink nou mAar net weer aan my babasussie wat binne n oogwink 14 geword het! :) Eks so bly Lienki het die idee gegee van n blog. U go girl. Weet nie eintlik wat om op n blog te doen nie,haha,maar hier is dit nou. Lekker daggie vir Tannie. (Mis jul) Lovies xxx

    ReplyDelete